Marli
Heinrich
​&
​Ons Storie ...
Sy Storie...
Ek is gebore in Pretoria, het laerskool voltooi by Laerskool Lynnwood en aanbeweeg na Menlopark. My hoërskool dae was van die lekkerste in my lewe met voortrekkerkampe, koortoere wat steeds stories uitlok en natuurlik van die beste vriende wat 'n mens voor kan vrae.
Ek het besluit om na skool, soos my oupa, pa en broer voor my, Stellenbosch aan te pak. Huis Marais was my aanvanklike woning en familie vir die eerste twee jaar van student wees. As die lekkerlê gesorg het vir my sosiale opvoeding, het die Universiteitskoor en Huis Marais Sêr gesorg vir my kulturele bevordering. Ek het ook onwetend in klas (die rare dae wat ek wel klas geloop het) my toekomstige metgesel en beste vriendin ontmoet. Op 25 Oktober 2010 het ek haar gevra om my meisie te wees.
Die LLB wou my onder kry, maar ek het dit nie toegelaat nie en na 5 jaar van hard speel en harder swot het ek met 'n graad weggestap. Kort daarna het ek begin met regskool en werk tans as klerk by Smuts & Co Prokureurs in Durbanville.
Marli:
Die dag wat ek jou gevra het en jy ja gesê het bly die beste dag van my lewe. Ons pad loop al lank saam en ons het die voorreg gehad om saam as studente mekaar te leer ken. Hand in hand betree ons die grootmens wêreld nou, maar ek sou dit saam met niemand anders wou doen nie.
Haar Storie...
Ek is gebore in Pretoria en het my eerste twee jaar van skoolgaan by Laerskool Constantia Park deurgebring. Toe besluit my Pa dis nou tyd ons gaan Kaap toe vanwee sy werk. Min wetend dat ek eendag weer met 'n Pretorianer gaan opeindig.
Ek was in Laerskool Welgemoed en het my skoolloopbaan by Hoërskool DF Malan voltooi. Tot vandag toe kon die Kapenaars dit nie regkry om my te oortuig om vir die Stormers te ondersteun nie.
Regdeur my skoolloopbaan het Musiek 'n baie belangrike rol in my lewe gespeel. Ek het my graad 8 in hobo sowel as blokfluit graad 8. Ek het in die Hoërskool orkes gespeel elke Maandag aand vanaf die ouderdom van 13. Ek het ook naweke omgespeel in die Kaapse Filharmoniese Jeug Orkes.
Ek het besluit om regte (LLB) te gaan swot en was 'n voorbeeldige student wat meeste van my klasse bygewoon het. Ek het vir Heinrich in my eerste jaar ontmoet in ons Strafreg tutoriaal. Vandag het ek 'n graad, 'n werk by Gideon Pretorius Prokureurs en staan op trou. WOW !
Heinrich:
Dankie vir die ongelooflike vriendskap, verhouding, ondersteuning en liefde. Ons het wonderlike tye al saam gehad: wegbreek naweke na Hermanus, Sabie Park, Universiteit vakansies en nog vele meer. Kan nie wag om te sien wat die Huwelik vir ons inhou nie.